Wednesday 20 December 2017

Die verlore seun- 'n nuwe? perspektief.


Die verlore seun.

Nadat die jongste seun weg is met sy deel van sy vader se erfporsie, kon die oudste seun nie meer langer sy vader se smart en verlange aanskou nie. Toe besluit hy om sy broer te gaan soek en terug te bring.

Toe hy hom uiteindelik vind, was hy  in die tronk. Hy het sy geld uitgemors en in die moeilikheid beland. Hy sou tereggestel word.

Die oudste seun kon nie sy vader hierdie smart ook nog aandoen nie. Hy bied homself toe aan om in die plek van sy broer te sterf. Die jongste seun was toe vry om terug te gaan na sy vader toe en die oudste seun sterf in sy plek. Die jongste seun moes egter self besluit of hy wil terug gaan. Hy het egter sy les geleer en hy was so dankbaar dat sy oudste broer in sy plek gesterf het. Hy het dadelik terug gegaan.

Toe die jongste seun nog ver aankom, sien sy vader hom al.  Hy hardloop hom tegemoet, druk hom was en huil van vreugde. Daar was ‘n groot fees.

Maar DIE VADER kon nie SY OUDSTE SEUN ook verloor nie. DIE OUDSTE SEUN was sonder enige kwaad in HOM en SY VADER het alles vir HOM beteken. GOD wek toe SY OUDSTE SEUN uit die dood op en nou lewe AL DRIE VAN HULLE vir ewig en ewig gelukkig saam.

Fluit-fluit, my storie is uit!

Tuesday 19 December 2017

Uiteindelik! My eie seepkissie.



Ek wil so graag partykeer net my sê sê, vir wat dit werd is. Oor padgebruikers, oor “attitudes” ,oor magsmisbruik, oor manipulasie, oor menseregte en ander goed. Gee mens net daai uitlaatklep, jy weet!

My oorlede skoonpa het altyd gesê: ’n mens het nie regte nie, net voorregte.